Motorhersteller glo vas aan ster

 

If you stand in front of the star, it's a star.
But if you drive behind the star, it's an experience.

 

Dit staan geskryf op 'n plakkaat in Bulla Nienaber se werkswinkel, en na 15 jaar waarin hy daagliks aan Mercedes-voertuie werk, glo hy steeds vas aan dié slagspreuk.

 

“Ek het al ander   karre gery, maar ek
het gou my fout    agtergekom,” sê     Bulla.

 

Hy en sy vrou   Rosemary is         gespesialiseerde Mercedes-werktuigkundiges
en hulle het me-  kaar so te sê on-  der 'n motor     ontmoet.

 

Hoewel hulle ook aan ander fabrikaat voertuie werk, glo Bulla en Rosemary dat dit die moeite werd is om 'n tweedehandse Mercedes te koop. “Mense wat hul Merc's verkoop doen dit gewoonlik omdat hulle 'n nuwe een moet koop weens belastingredes,” sê Bulla, “terwyl mense wat ander karre verkoop dit gewoonlik doen omdat dié karre begin moeilikheid gee.”

 

Rosemary sê Mercedese het ook maar hul kwale, soos dat daar probleme is met die enjin-harnasse, maar sy sê teen die tyd dat jy 'n tweedehandse Mercedes koop is dié probleme gewoonlik deur die vorige eienaar laat herstel. Volgens Bulla pas Mercedes-bestuurders hul motors ook goed op en ry hulle oor die algemeeen nie so windgat soos die bestuurders van 'n sekere ander duur Duitse model nie.

“Waar ander tweedehandse motors gewoonlik sat gery is, sal jy vandag nog Merc's op die pad sien van tot 40 jaar oud of ouer. Die onderdele is ook nog beskikbaar en hoef nie ingevoer te word nie.”

 

Die Nienabers sal jou gou vertel om 'n tweedehandse Mercedes te diens en onderhou is nie so duur as wat mense dink nie. Een van die redes is omdat 'n Mercedes nie 'n nokas-belt (cam belt) het nie, maar 'n tydreëlketting. “Wanneer 'n cam belt breek veroorsaak dit groot en duur skade aan 'n kar. Daar is ook ander fabrikate, selfs gewilde Japanese motors en Duitse motors wat baie duurder is om te diens, en van die klein fabrikate wat baie duurder is om te onderhou of herstel omdat die onderdele moet ingevoer word,” sê Bulla.

 

Volgens Rosemary gebruik Merc's ook nie juis meer brandstof as ander fabrikate nie. “Daar's Japanese motors wat swaarder is, en vandat brandstof loodvry is, is daar in elk geval nie meer karre wat regtig lig is op brandstof nie,” sê sy.

Die hoofredes waarvoor mens 'n Merc kan aanskaf, al is dit tweedehands, is vir veiligheid, waarde vir geld en rygenot, sê Bulla.

____________________________________________________

Bulla en Rosemary het intussen emigreer.

Kontak Chris:

082 782 3770

012 335 5876

599 Paul Kruger St
Eloffsdal.

 

© Bizwise June 2009