Entrepreneur-wees in haar bloed
Sy was van kindsbeen af 'n entrepreneur wat haar eerste wins uit 'n oorskot granate op hul plaas gemaak het en aan trekarbeiders verkoop het. Daarna het 'n marmotboerdery gevolg waarvan sy die gewin gebruik het om lankbe-geerde rolskaatse te koop.
Sanet de Wet het sedert die geboorte van haar eersteling 20 jaar gelede vanuit haar huis gewerk. Sy het haar liefde vir tuinmaak in 'n onderneming omskep, kursusse gevolg en vyf jaar lank kliënte se tuine uitgelê.
Sy het steeds meer geleenthede raakgesien. Toe West Highland White Terriers jare gelede haar hart gesteel het, het sy “met 'n groot gesukkel” daarin geslaag om 'n reuntjie en tefie in die hande te kry en het met hulle geteel totdat haar laaste hondjie van ouderdom dood is.
In 1991 het die gesin na Hartbeespoort verhuis en sy het toe besluit om van koers te verander. Sy het as eiendomsagent begin werk by die agentskap wat aan hulle hul huis verkoop het.
Die afgelope 11 jaar is sy die eienaar van die bekende en suksesvolle Sanet de Wet Eiendomme op Hartbeespoort. Die huidige swak ekonomie en streng bankkriteria bemoeilik egter eiendomstransaksies. Dit veroorsaak dat kliënte wat andersins in staat was om te koop, nie die deposito en kostes van 'n kooptransaksie kan bekostig nie. Onlangs het sy toe 'n verdere sprong as entre-preneur geneem deur 'n personeelwerwings-agentskap, Staffing Solutions te begin. Sy werk in samewerking met haar suster, Roné Groenewald, eienaar van Touch-Stone Recruitment.
“Ek het aanvanklik soos 'n graad eentjie in 'n universiteitsklas gevoel.Roné is geheel en al my mentor en steunpilaar as ek vashaak,” sê Sanet. Sy sê die beste raad wat sy van haar suster gekry het is om die internet met sy magdom verduidelikings en hulpmmiddels te gebruik. Die kontakte wat sy deur die jare opgebou help ook baie. Haar eerste opdrag was van 'n mine-raalprosesseringsmaat-skappy, Metanza. “Hul siening was genadiglik dat hulle van plaaslike mense gebruik maak”
Sanet skryf haar sukses aan die volgende faktore toe:
- Kreatiewe denke
- Behou rekords en telefoonnommers van kontakte
- Luister – 'n mens kan by elke mens iets leer
- Goeie dienslewering
- 'n Sterk ondersteuningstelsel
- Geniet jou werk
- Moet nooit moed opgee nie
- Wees elke dag dankbaar.
